Staan Sterk In Afrikaans is ’n jaarlikse musiek konsert wat saamgestel is vir onafhanklike kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf.
Die doel van Staan Sterk In Afrikaans is om hulle taal, Afrikaans, te vereer en om 'n gevoel van samesyn te skep onder die Afrikaner-vol. Almal moet "Saam staan as een nasie. Mense wat saam staan is sterker as enkele individue en hulle behaal altyd hulle doelwitte as hulle mekaar opreg ondersteun", se Anton Fitchat, die organiseerder van die Staan Sterk In Afrikaans Konsert.