Login Register
G
net3 banner
net3

net3

@UC9hLsWGeKPbDgQ4qJ9GjkLQ - 255 subscribers

Welkom by die innoverende Sewendedag Adventiste Kerk wat fokus om die 3-engele boodskap op 'n vars manier oor te dra. Elektroniese aanbidding - evangelisasie - gemeenskap - familie - 'n tuiste. Ontmoet Christus se liefde deur die waarheid wat Jesus vir ons in die laaste dae gee. 'n Ingryping wat lei tot 'n nuwe lewens perspektief. Hoe het hierdie stryd tussen reg en verkeerd begin? Hoe is ek daarby betrokke? Ek is teen wil en dank in hierdie wêreld. Beteken dit vir my goed of kwaad? Watter beginsels is by die stryd betrokke? Hoe lank sal die stryd aanhou? Sal hierdie wêreld van ons sommer net eindig? Of is daar vir ons 'n better toekoms stralend met die lig van die lewe? Dit is die doel van net3 om u as eerlike soeker na waarheid te help om die antwoorde op hierdie verbysterende vrae te vind.