Login Register
G
InVia Musiek

InVia Musiek

@UCBGZRRnDeNVdEVHSt-MH5HQ - 258 subscribers

Doodmenslik is opgeneem ter viering van 10 jaar se saam speel, saam kerk wees, saam mens wees. Dis om dankie te sê dat woorde mag vlees word tussen ons, dat ons in 'n gemeenskap kan musiek maak en mens raak waarin ons mag eerlik wees, vrae vra, worstel met God en aanbid nes ons is. Dis 'n voorreg om hierdie songs weekliks te kan deel en nou ook - deur hierdie lewendige opname - met mense buite ons Sondagdienste. Dis nie 'n kerk wat ons saambind nie (Goddank vir kerke wat saambind en nie verdeel nie!), maar die God wat anderkant woorde, anderkant klanke, anderkant dogma IS. Die God wat doodmenslik geword het om vir eens en vir altyd te kom wys dat menswees goed is. Mag hierdie woorde en klanke val waar Hy dit wil, mag dit jou laat sing én jou verstil, mag jy vrede vind én vlamvat en gees"vang" juis in jou menslikheid.