Bobby van Jaarsveld, gebore 6 Maart 1987 in Pretoria en het as sewentienjarige die Afrikaanse musiekbedryf oorrompel met sy eerste album, “Duisend Ure” in 2004. Hierdie album het onmiddellik amok gemaak en Bobby se talent as ‘n uiters talentvolle jong kunstenaar beklemtoon. Sy eerste groot deurbraak het gekom toe hy dieselfde jaar die toekenning vir Beste Nuweling by die Huisgenoot Tempo-toekennings ontvang het. Hierdie erkenning het die basis gelê vir wat voorspel is om een van Suid-Afrika se grootste musiekloopbane te wees.
Twintig jaar later is Bobby van Jaarsveld inderdaad een van die land se grootste kunstenaars, wat met trots op ‘n indrukwekkende musiekloopbaan kan terugkyk. Sy treffers, soos “Spieëltjie”, “Net Vir Jou”, “Kyk Waar is Ons Nou”, en “Net ’n Man”, is net enkele van die liedjies wat daagliks op radiogolwe landswyd gespeel word. Van sy nuwe vrystellings sluit in “Toe, Nou en Altyd,” “Verlore Seun,” “Lief My Weer Lewendig” en "Niks Soos Liefde Nie."