Ons glo dat die Bybel die onfeilbare woord van God is.
Ons glo aan die Drie Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.
Ons glo dat die gemeente deel is van die liggaam van die Here.
Ons glo dat Jesus Christus gesterf het en dat Hy begrawe is en dat Hy uit die dood uit opgestaan het.
Ons glo dat Jesus opgevaar het na die Hemel, en dat Hy weer gaan kom om Sy kinders te kom haal.
Ons glo dat ons liefde en samewerking met mekaar die plan van God vir Sy kerk sal bevorder.
Ons glo dat elke lid van die gemeente deur die lewe van God meelewend gemaak is.
Ons glo dat Lofdal-Noord gemeente 'n spesifieke roeping van God het om mense te versorg en om die wereld te bereik, met die Evangelie van Jesus Christus.
Mag dit so wees dat u die Here saam met ons sal beleef en saam geestelik sal groei in karakter en bediening.