Die Affiekoor vorm sedert die 1930’s ‘n integrale deel van die ryk tradisiegeskiedenis van die Afrikaanse Hoër Seunskool. Weens die rooi kultuurdasse wat tydens vertonings gedra word, staan die koor ook as die Rooidasse bekend. In 1987 het die koor die formaat van ‘n jongmannekoor aangeneem en het sedertdien tot een van die land se beste jeugkore ontwikkel.
Die Rooidasse staan sedert 2015 onder leiding van mnr. AJ Maree en me. Gisela Scriba is sedert 1996 die koor se pianis. Die seuns streef daagliks die koor se leuse na: “Sing om mense se harte aan te raak”.
Die Affiekoor bestaan uit ongeveer 80 seuns tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar en het al talle toekennings op plaaslike en internasionale vlak verower.