Login Register
G
Mel die Storieverteller banner
Mel die Storieverteller

Mel die Storieverteller

@UCrDtMmHLXwXV23fMuAwfvnA - 2.3K subscribers

Mel die Storieverteller is ‘n Afrikaanse sosiale media sensasie, komediant en skrywer wat bekendheid verwerf het vir haar skerp komiese en tong-in-die-kies videos. Met meer as 380 000 volgelinge is dit vinnig duidelik dat Mel impak maak. Die debuut van haar eerste komiese eenvrou vertoning “Almal is Mal!” verkoop uit by die Atterbury Teater en vinnig vat die stand-up komedie styl vertoning vlam. Mel skryf toe nog ‘n show, Dik Deurmekaar, verower Netwerk24 Smaakmaker nominasies, doen ‘n oorsese toer en maak nog vele viral videos. Een ding is verseker - sy is verfrissend en skreeusnaaks - of altans, so sê haar ma! Sit terug en kuier lekker saam Mel, terwyl sy haar stories vertel.