InVia is 'n kontemplatiewe geloofsgemeenskap wat in Stellenbosch en Kaapstad gevestig is.
Ons is op pad in heelheid met ander deur gebed (kontemplasie) en aksie.
Ons glo:
• die lewe en lering van Christus is die sentrale verwysingspunt van ons gemeenskap,
• transformasie vind deur gebed (kontemplasie) en aksie plaas,
• ons ontmoet God ook in die ander,
• deur die deel van stories in gemeenskap kan ek myself in die ander vind,
• in ’n gemeenskap met diverse oortuigings en verwelkom eerlike en oop vrae in dialoog,
• ons het ’n verantwoordelikheid as gemeenskap en individue om liefde as werkwoord te leef ten einde heelheid te verwerklik in ons onmiddellike en globale omgewing,
• dit neem ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te maak en verskillende lewensfases vra na begeleiding.